Articles
Social & Community News
07 September 2018

Hallo daar,

Ek is ‘n boom en my naam is Peperbas. Ek het ‘n slim naam ook, maar as ek ouer word sal ek seker my slim naam kan onthou. Ek is nou amper drie jaar oud.

My pa sê ek gaan baie groot word. So vyf tot tien meter, maar die ouens wat vir die Springbokke slot speel word tot 20 meter lank.  


Ek hou die hele jaar my blare. Ek is baie spesiaal want mense gebruik veral my bas vir die genesing van ‘n verskeindenheid van siektes, maar ook my wortels en blare.  


Dit is ook omdat ons so spesiaal is dat my pa sê ons Peperbasse is besig om uit te sterf. Ons is op die rooi lys van bome wat uitsterf. In die natuur stroop mense ons blare, bas en wortels en dan gaan ons dood. Dit maak my baie bang.


Ek wens so daar is oulike mense wat my kan aanneem en my groot sal maak, sodat ons nie sal uitsterf nie.  Ek groei maklik in enige grond en jy sal baie trots wees op my.  

Groete,
Peperbas

AfriForum Rustenburg het ‘n projek geloods en Peperboompies aangekoop, direk uit die wildtuin om die Peperbasboom van uitwissing te red.

Hulle vra R200 vir die boompies wat net dìe kostes dek.
Vir meer inligting kontak Chris Trytsman, voorsitter van AfriForum, Rustenburg by 082 496 2221.

 

Share this article with a friend...