Articles
Social & Community News
21 December 2018

Rustenburg - Die Full Gospel Church of God nooi u uit om vir tien dae saam met hulle deur Israel en Kaïro te toer vanaf 13 Februarie onder leiding van Pastoor Morné en Maryke Lötter.


Indien u nog nie die beloofde land, Israel, gesien het nie – bied hierdie toer u die geleentheid om vir ewig u persepsie rondom Israel en die Bybel te verbeter.
‘n ‘Pelgrimstog’ na Israel is nie slegs ‘n vakansie nie, maar ook ‘n tydperk van geestelike groei.

Die hoofdoel van die reis na Israel is om kennis te maak met plekke waarna die Bybel verwys, en te wandel waar Jesus gewandel het. Dit is asof u deur die bladsye van die Bybel stap. 


Pastoor Rykie Steyn het al vele toere na Israel agter die blad en sal weereens die toer lei. 
Miskien wil jy op die see van Galilea seil waar Jesus op die water geloop het. Miskien wil jul, julle huweliksbeloftes hernu waar Jesus sy eerste wonderwerk gedoen het in Kana in Galilea (Johannes 2). Dalk wil u die leë graf van ons Here Jesus gaan besoek of daar waar Johannes die Here gedoop het by Bethabara. 


Dit is egter verseker dat jy nie sal spyt wees om hierdie belegging vir jou toekoms en geestelike lewe te maak nie. Kostes beloop maksimum R27 000 per persoon en dit sal afhang van wat die dollar koers op daardie tydstip is. 


Dit bedrag sluit vlugte, hotelle, ingangsfooie by besienswaardighede, twee etes per dag, en vervoer binnelands in Israel in. 


Daar is heelwat plekke wat tydens die toer besoek word. Vir meer informasie, kontak Morné Lötter op 061 495 5362 of mornelotter7@gmail.com. 

Pastoor Morné en Maryke Lötter.

 

Share this article with a friend...