Articles
Churches & NGO News
08 March 2019

Rustenburg – Dit was ‘n prettige geleentheid op 14 Februarie tydens Sering Residentia se Valentynsdag viering. Die tema was Grease en die inwoners het geskitter in hulle rooi uitrustings om die dag van liefde te vier.


Om by die tema te pas was inwoners bederf met hamburgers en melkskommels met romantiese liedjies in die agtergrond.

Hans en Emma Ihrck is twee verliefde inwoners wat Valentynsdag by Sering Residentia gevier het.
Mariaan Steenkamp en Rienie Steyn klink ‘n glasie melkskommel om Valentynsdag te vier.
Die personeel van Sering het ook deelgeneem in die pret. Van links: Gerda Henrico, Retha Jacobs, Lorraine Jardine, Cindy van Heerden en Ronnie Krugel.
Mavis Crundwell het te vrolik gelyk in haar Grease Valentynsdag uitrusting.

 

Share this article with a friend...