Articles
Sport & School News
21 June 2019

Rustenburg – Alle graad R tot sewe maats word uitgenooi na die Kinderweek by Laerskool Rustenburg van 24 tot 28 Junie.

Van spring en sing tot kuns en vele meer, word daar ‘n lekker vol week se pret vir die jongspan beplan.


Erich Posthumus kom kuier met sy stem-manewales, en Living Ball sal die kinders meer leer van God. The Grinch is die jaar se tema, want Jesus kan enige iemand se hart omkeer! 


Die program is propvol aktiwiteite wat kuns, tonele en poppekas insluit.

 
Die program begin soggens om 07:15 en eindig 13:00. Alles gratis! 
Vir meer inligting, kontak Zelda Masym op 014 594 1029 of zeldamassyn@thevohf.com of www.visionofhopefoundation.com.

Share this article with a friend...