Articles
Sport & School News
05 July 2019

Jaguares vs Brumbies
In Buenos Aires behaal die Jaguares ‘n puik oorwinning oor die Brumbies en wen gemaklik 39-7. Met hierdie geskiedkundige oorwinning gaan die trotse Argentynse span nou ook vir die eerste keer ooit in die finaal van die Superreeks uitdraf. 


Dit is voorwaar ‘n prestasie! Hulle het die afgelope drie jaar 13de en toe 10de geëindig, en verlede jaar verloor hulle in die kwart-finaal teen die Leeus. 


Die Argentynse Puma haker Agustin Creevy het dit duidelik gemaak dat hulle nie die Saders vrees nie en dat die reis Christchurch toe beslis nie ‘n ‘mission impossible’ is nie. Die Argentynse coach, Gonzalo Quesada, is ook vol vertroue en weet dat ‘n helse stryd voorlê om die Saders op hulle tuisveld te klop. Dit is beslis nie ‘n taak vir sussies nie ou grote! 


Crusaders vs Hurricanes
In Christchurch is seker een van die beste games gespeel in vanjaar se Superreeks ou grote. Skitter ruggas deur beide spanne was aan die orde van die dag en geen genade is gegee of ontvang nie.

Die Saders wen 30-26 en dring vir die derde agtereenvolgende jaar deur na die finaal – en wat ‘n prestasie is dit nie vir coach Scott Robinson nie, wat die span nou vir die derde jaar afrig! Toevallig het Scott ook drie keer as speler die trofee gewen, 1988-2000.


Die Hurricanes het met reg gal gebraak oor ‘n beslissing in die doodsnikke van die game waar ‘n Sader speler die bal vorentoe geklap het en die blinde mol het dit nie raakgesien nie... Maar ‘as’ is verbrande hout. 


Die Crusaders se afrigtingspan en spelers gaan nie die eindstryd ligtelik opneem nie met coach Scott wat twee weke gelede al begin voorberei het om teen die Argentyne in die finaal te speel. 


Die laaste keer toe die twee spanne teen mekaar meegeding het, was Julie 2018 in Buenos Aires en dié game het die Saders 40-14 gewen. Robinson het dit duidelik gemaak dat hulle huiswerk deeglik gedoen is en weet die Argentyne se spel het met dag en nag verbeter en verdien ‘n plek in vanjaar se finaal.

Twee sleutelspelers Ryan Crotty en Scott Barret sal egter nie beskikbaar wees in die finaal nie. 
In hierdie finaal draf die Saders met dertien All Blacks en die Jaguares met veertien Puma spelers uit… amper ‘n internasionale toets!


Nag ou grote…
 
CURRIEBEKER 2019

  • 12 Julie

Sharks vs Griekwas

  • 13 Julie

Lions vs Pumas
WP vs Blou Bulle
Loslootjie: Vrystaat

Share this article with a friend...