Articles
Churches & NGO News
31 March 2017

Rustenburg – Die bestuur van Kindersorg Rustenburg het drastiese hulp nodig in die vorm van donasies, om sodoende ‘n veilige en gemaklike omgewing vir kliënte by hul kantoor te skep.

“Ons kliënte moet op hul gemak voel wanneer hulle ons kantore besoek,” aldus Cecile Janse van Rensburg, maatskaplike werker aan die Kindersorg Rustenburg.

Kindersorg Rustenburg se ontvangsarea op die stadium.

Kindersorg Rustenburg se kantore is maar onlangs opgerig, díe dat hulle ‘n paar items benodig om ‘n professionele atmosfeer te skep waarin mense kan voel dat hulle in goeie hande is. Hulle benodig die volgende items; 

  1. Gemaklike wagarea meubels vir die ontvangs bv. banke of stoele.
  2. Badkamer toerusting en dekorasie bv. ‘n netjiese badkamer kassie, handdoekies, seep, toilet matjie en gordyntjies.  
  3. Teëls vir die vloere van die hele kantoor nl. kombuis, wagkamer, individuele kantore en badkamers.
  4. Kombuis toerusting bv. ‘n diepvries, yskas en mikrogolfoond.
  5. Sekuriteit bv. ‘n alarm sisteem, diefwering hek, en diefwering voor die vensters.
  6. Interkom vir die hek. 

Vir meer informasie, kontak Cecile Janse van Rensburg gerus by 014-537 2014 of 2072. U is ook meer as welkom om hul kantore te besoek by Watervalrantlaan Nr1, Rustenburg by ‘Die Rots’ kerk.

Share this article with a friend...