Articles
Headline News
06 December 2019

Rustenburg – Dit was voorwaar ‘n Kersfees Fees by Laerskool Silwerrand op Saterdag 30 November.

Kids Mini Colour Run, Felias en Pokkel en springkastele het die jongspan besig gehou en die feesgangers kon aan al die lekker kos peusel terwyl hulle vir Kersgeskenke soek by ‘n verskeidenheid stalletjies.

Gian Webb, Jakkie Louw en Androhan Kleynhans.

Die sukses van die bingo en karaoke kon gesien word aan die groot deelname en skaterlag van die gehoor. Jonk en oud het saam gekuier en die propvol program met musikante soos Ramey Short, Jakkie Louw, Marie Bosman, Valeska Muller, Ivan Roux, Robbie Wessels en Stiaan Reynierse geniet.
Die geskenkies wat ingevorder is by die ingang is deur Kersvader en sy elfies uitgedeel.  
Die toegangsgeskenkies is aan Rustenburg Kinders en Gesinsorg oorhandig.

Die geskenke wat ingesamel is het onder die kersboom gestaan, reg om uitgedeel te word.

Rustenburg Kinders en Gesinsorg is geregistreer as ‘n nie-winsgewende organisasie en voorsien noodsaaklike kinderbeskerming dienste aan Rustenburg vanaf 1921. Die organisasie bestuur ook ‘n kinderhuis wat sorg en beskerming aan kinders bied. Hulle voorsien noodsaaklike behoeftes aan ongeveer 600 kinders en huisves tans 24 kinders wat nie in hulle eie ouerhuise kan woon nie.

Chané Jackson is kleurvol na die kids mini colour run.

Met die 2019 Kersfees Fees het elke borg, kunstenaar, uitstaller, ouer, onderwyser, leerder, deelnemer en besoeker dit moontlik gemaak om dié Rustenburg welsynsorganisasie se hande sterker te maak om ons dorp te beveilig, te bedien en te help.

Ramey Short alla dokter Quinton Meyer in die M-Net sepie Binnelanders, het ‘n onvergeetlike vertoning aangebied.

 

Share this article with a friend...