Rustenburg - Baie geluk aan die swemspan van die Hoërskool Rustenburg (RHS) wat vir die sesde-agtereenvolgende-jaar die interhoër wen!
Die seunspan is algeheel eerste, dogters algeheel tweede en Pieter Coetzé is senior Victor Ludorum. Pieter verbeter ook die rekords van elke item waaraan hy deelneem nl. 50 m-vlinderslag, 50 m-borsslag, 100 m-vryslag en 200 m Individuele medley.
RHS wen 25 goue-, 26 silwer- en 23 brons medaljes. Skole wat deelgeneem het was RHS, Potchefstroom Girls High, Hoërskool Brits, Hoërskool Hartbeespoort, Bergsig Akademie en Potchefstroom Gimnasium.