Articles
Sport & School News
22 May 2020

Daar begin al ‘n lig skyn doer ver in die COVID-19 tonnel met ruggas wat weer gespeel sal kan word. Die games gaan gespeel word sonder enige toeskouers.

Dit gaan gewis 'n rol speel in tuis games ou grote. Van die top super spanne het duisende ondersteuners wat hulle geboortereg sal afstaan om van die games live te kan gaan kyk. Van stadions wat nou nie juis toeskouers gehad het nie gepraat... of wag, laat ek liewer nie ou wonde oopkrap nie.

Plaaslik is daar nog tot druktyd nie datums bepaal vir enige ruggas nie, en dit sal hopelik volgende week bekend gemaak word.

In die Blou Bul kraal het die Springbok Warrick Gelant besluit om sy heil te gaan soek in die Kaap. Dit het dalk te doen met die feit dat Jake vir Gio Aplon in die kraal ingesmokkel het ou grote. Nog 'n goeie kopie wat bra Jake gemaak het was om die belowende 24-jarige Walt Steenkamp by die Cheetahs af te rokkel. Steenkamp wat 2.03m en 121kg inklok is verseker enige coach se droom en was een van die sterre in die PRO-14 Reeks vir die Cheetahs.

Die All Blacks en die Crusaders het bekend gemaak dat Scott Barrett kontrak geteken het tot 2024 met NZ en die Saders. Barret is aangewys as die Saders se cappie. Die gewese All Black super-slot, Sam Whitelock, het besluit om nog 'n seisoen of wat vir die Saders uit te draf.

Beauden Barrett het op sy eerste dag by die Auckland Blues klaar amok gemaak. Die mannetjie wys nou maar net weer dat hy in ‘n klas van sy eie is. Die Blues het 'n taai fiksheidsprogram, genaamd Bronco, wat duidelik nie vir sussies bedoel is nie... met Barret wat toe sommer met die intrapslag ‘n nuwe rekord opstel!

'n Ander All Black superster, Nehe Milner-Skudder, sal die res van die seisoen vir die Highlanders uitdraf. Hierdie veelsydige speler is een van die beste agterspelers op die rugga planeet. By die Leeukamp is daar maar redelike droewigheid met die aankondiging dat Malcolm Marx en Tyrone Green die unie gaan verlaat vir groener weivelde.

Braai lekker maats, lê maar laag, so net onder die radar, was handjies, dra maskertjies en twee meter is ook die beste.

Nag ou grote...

Share this article with a friend...