Articles
Social & Community News
12 June 2020

Rustenburg – Neels Grobbelaar, ‘n steunpilaar vir sy familie en gesiene lid van die gemeenskap, is op Donderdag 4 Junie oorlede.

Hy was ‘n nederige man van goeie inbors wat lief was vir sy medemens. Hy was ook ‘n boer van formaat wat kommersiëel met Bonsmaras geboer het. Sy kinders sal hom altyd onthou as hul rots en ‘n liefdevolle, dierbare man wat altyd sterk gestaan het in sy geloof. In die veld was hy op sy gelukkigste en het ‘n groot liefde vir diere gehad.

Sy vrou, vyf kinders en ses kleinkinders strewe om hul koppe op te tel en ‘n verlengstuk van hom te wees. Grobbelaar het vir ongeveer 35 jaar by Aug Behrens in die hardeware afdeling gewerk. ‘n Groot boom het geval.

Vriende en familie het hom ter ruste gelê op 10 Junie tydens ‘n pragtige diens op die plaas te Buffelshoek.

Ons betuig ons innige meegevoel aan Neels se vriende en familie.

Share this article with a friend...