Articles
Social & Community News
04 September 2020

Rustenburg – Bejaardes is baie kwesbaar vir COVID-19 en moet hulself bittermooi oppas.Selfs op vlak 2 van die inperking moet vriende en familie steeds op ‘n afstand kom groet en kuiers moet maar deur ‘n venster gedoen word. ‘n Eenvoudige drukkie is buite die kwessie.

Maar... te danke aan die wonderlike span van Harcourts en hul ‘drukkie gordyn’ kan die inwoners van Rustenburg Rusoord nou weer hul familielede omhels met drukkies. Die ‘drukkie gordyn’ is ‘n skerm met beskermde holtes waardeur jy jou arms kan druk om die ander persoon ‘n drukkie kan gee sonder enige fisiese aanraking. Na die drukkie kan die gordyn net weer ontsmet word en is reg vir die volgende persoon om te gebruik.

Harcourts het die wonderlike geskenk aand Rustenburg Rusoord oorhandig op Vrydag 28 Augustus. Die inwoners se geliefdes kan nou met ‘n geruste hart gaan kuier en mekaar omhels na maande van afsondering.

Rustenburg Rusoord inwoner Trudie Malan (links) en sekretaresse Sanmarie Ferreira gee mekaar ‘n drukkie.
Van links: Harcourts prinsipaal Adina Harmse, Rustenburg Rusoord sekretaresse Sanmarie Ferreira, en Harcourts eiendomsagent Zonja van der Merwe.

Share this article with a friend...