Articles
Churches & NGO News
09 October 2020

Rustenburg‘Everybody is Somebody’... Dit is die hartklop van Route 41, die jeugsentrum van Vision of Hope Foundation, ‘n nie-winsgewende organisasie met die doel om hoop in die samelewing te bied deur middel van verskillende projekte.

Route 41 se fokus is om vir jongmense vanaf 13 jaar ‘n ruimte te skep waar hulle Vrydae aande om 18:00 in ‘n veilige omgewing bymekaar kan kom om sosiaal te verkeer. Hier fokus hulle baie sterk op verhoudingsbou en om jongmense se geestelike en emosionele vaardighede te versterk.

Elke week maak hulle tyd om in groepies te gesels oor elkeen se hoogtepunte en laagtepunte van die week. Die res van die aand kan die jongmense en leiers lekker saam kuier. Daar is airhockey, ‘n pooltafel, tafeltennis, volleybal en ‘n paar ander aktiwiteite om die jongspan te vermaak. In hul ‘chatroom’ kan daar lekker gekuier word en die graffiti muur is natuurlik ook baie gewild.

Hulle nooi jongmense, 13 jaar en ouer, om Vrydae aande saam te kom kuier. Dit is by Fatima Bhayatstr 165 – regoor die ou stadsaal.

Vir enige navrae, skakel Danie Jacobs op 082 499 2751 of Elmari Pieterse op 071 641 1464.

Die jongspan kuier lekker saam buite.

 

Share this article with a friend...