Articles
Sport & School News
20 January 2017

Rustenburg – Die Hoërskool Rustenburg se 2017 interhuis het bó verwagtinge uitgedraai vanjaar met gees wat nóú nog hoendervleis gee. 

RHS maak GROOT geraas
Die hoogtepunt van die interhuis was beslis toe David Gatebe, Comrades wenner van 2016, teen een van RHS se top atlete, Keanu Verwey, met die 3000m die pas aangegee het.

Die interhuis, op Vrydag 13 Januarie 2017, het Donderdag (12 Jan) se GROOT Geraas gevolg ten einde die leerders in die regte luim te kry vir die volgende dag.  Die ‘bokspanne’, ingedeel in hul vanne van 3 kategorieë, het die veld opgedraf en geesdriftig almal luidkeels aan die juig gehad.

Die Hoërskool Rustenburg se personeellede het gees!

Die GROOT Geraas geleentheid het verskeie pret aktiwiteite behels insluitende die ‘Vinnigste Fanie’ kompetisie. Híer het twee mans-personeellede teen twee leerders 30 meter mekaar die stryd aangesê. Wenner van die  ‘Vinnigste Fanie’ vanjaar is Kyle Janse van Rensburg. Díe jong man is een van Rusties se vinnigstes! 

RHS maak GROOT Geraas by vanjaar se interhuis.

Die ‘Fris Kris’ kompetisie het ook vir vele pret gesorg en die dag is in ‘n ‘Gryp & Skoffel’ sokkie afgeëindig die aand. 

Die hoogtepunt van die interhuis was beslis toe David Gatebe, Comrades wenner van 2016, teen een van RHS se top atlete, Keanu Verwey, met die 3000m die pas aangegee het.
 

Share this article with a friend...