Articles
Social & Community News
05 July 2021

Rustenburg – Tydens hul maandelikse vergadering op Dinsdag 22 Junie, het lede van die Vroue Landbou Unie (VLU) Kashane-aandtak gebak en -brou.

Elsa van Rooyen het vir die lede kom wys hoe om lekker heuningkoek in die mikrogolf te maak. 
VLU is ‘n organiese waar vroue die geleentheid kry om saam te kuier en saam te groei. Dit is ‘n plek waar vrouens hul kreatiwiteit kan uitleef en idees kan uitruil.

Lede word bemagtig met kennis en vaardighede tot voordeel van hul gesinne en die gemeenskap, om so ‘n daadwerklike verskil te kan maak in die samelewing. Die VLU Kashané aand-tak is spesiaal gestig vir werkende vrouens wat wil deel wees van ‘n VLU-span.  


Hulle nooi almal hartlik uit wat wil aansluit by die groep om die voorsitter van die VLU Kashané aand-tak, Charmain Olivier, te kontak op 083 469 5505.

Agter: Elsa van Rooyen (links) en Sonja Fourie. Voor: Puala Becker (links) en Estelle Grundling.

 

Share this article with a friend...