Articles
Social & Community News
26 October 2021

Rustenburg – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Kashané aand-tak het op Dinsdag 12 Oktober ‘n opwindende vergadering gehou.


Christa Steward het die dames kom wys hoe om te lyndans. Die lede het hulself gate uit geniet – en selfs dié met twee linker voete het uitgehaal en gewys.


VLU is ‘n organiese waar vroue die geleentheid kry om saam te kuier en saam te groei. Dit is ‘n plek waar vrouens hul kreatiwiteit kan uitleef en idees kan uitruil.

Lede word bemagtig met kennis en vaardighede tot voordeel van hul gesinne en die gemeenskap, om so ‘n daadwerklike verskil te kan maak in die samelewing. Die VLU Kashané aand-tak is spesiaal gestig vir werkende vrouens wat wil deel wees van ‘n VLU-span.  


Hulle nooi almal hartlik uit wat wil aansluit by die groep om die voorsitter van die VLU Kashané aand-tak, Charmain Olivier, te kontak op 083 469 5505.

Van links: Charmaine Coetzer, Sonia Fourie, Daleen Roos, Christa Steward, Estelle Grundling en Anja Nieuwoudt.

#FosteringASenseOfCommunity

Share this article with a friend...