Articles
Social & Community News
19 March 2022

Rustenburg – Familie is ‘n seëning en die geleentheid om as vyf generasies saam te kan kuier is ‘n voorreg soos min.


Elsie het op Saterdag 12 Maart die voorreg gehad om ‘n lieflike dag saam met haar dogter Suzette Janse van Rensburg, kleindogter Santie Robertse, agter kleindogter Nicole Pretorius en agter-agter kleinseun Christiaan Pretorius te spandeer.


Buiten vir die feit dat al vyf baie na mekaar lyk, deel hulle ook baie eienskappe. Almal is baie lief vir kosmaak so enige samesyn gaan gepaard met hardop lag en baie lekker eet. Hulle het elkeen ook hul eie unieke persoonlikheid, maar een eienskap wat soos ‘n paal bo water uitstaan is dat elkeen van hulle alles wat hulle doen, met passie aanpak.


Elsie wat spog met 10 kinders, 16 kleinkinders, 22 agter kleinkinders, een agter-agter kleinkind en twee nog twee oppad, verwys na haar kroos as haar blommetuin uit God se hand: “Elke gesin is ‘n bedding vol vreugde en liefde.”


Van kleins af word elke generasie groot gemaak om geanker te bly in God. “Ons almal is baie lief vir die Here, Hy is ons anker wat ons bymekaar hou,” vertel Suzette. Santie las by: “Ons het sterk geloofswaardes. En ons almal verlang altyd na mekaar. Ons respekteer mekaar en is baie lief vir mekaar.”


Nicole wat self ook nou onlangs ma geword het van ‘n pragtige seun sê: “Ek is so lief vir my familie en ek is so dankbaar dat ons almal nog deel van mekaar se lewens is. Christiaan is bevoorreg om sy ouma, groot ouma en groot-groot ouma in sy lewe te hê en almal van hulle is merkwaardig gelowige vrouens wat ‘n voorbeeld vir hom kan stel.”

Constable Tlou Victoria Mojela

#FosteringASenseOfCommunity

Share this article with a friend...