Articles
Sport & School News
26 September 2023

SA - Vir baie atlete het die 2023 landloopseisoen verlede Saterdag 16 September tot ‘n einde gekom toe die SA Landloopkampioenskappe aangebied is. Hierdie spogbyeenkoms het by die Nelson Mandela Universiteit in Gqeberha plaasgevind. Protea Atletiekklub se oefengroep het 43 atlete gehad wat die Noordwes-Noord provinsie verteenwoordig het. Die kompetisie was uiters straf, en meer as 130 atlete het aan die meeste wedlope deelgeneem. Die klub wil graag erkenning gee aan elke atleet wat te midde van stormsterkte wind en koue, baie moed en durf aan die dag gelê het. Atlete wat onder die voorste 50 plekke geëindig het, word hier vermeld.

Top 10:

  • 4de  Phenyo Kgatitswe  (seuns 12)
  • 7de Emma Petkou (dogters 10) 
  • 7de  Scott Williamson (seuns 15)
  • 7de  Motlatsi Keikabile (dames 70)
  • 10de Luan Marais  (seuns 17) 

Top 20:

  • 16de  Karon Murley (dames 50)

Top 30:

  • 21ste Francois Visser (mans 40) 
  • 23ste Nathan Havenga (seuns 14)
  • 24ste Kefilwe Kgosimang (dogters 12)
  • 26ste Mikita Pienaar (dogters 10)
  • 26ste Irish Mokonyane (seuns 16)
  • 26ste Fanie Beukes (mans 50)
  • 28ste Florence Bruwer (dames 40)
  • 29ste Abby Havenga (dogters 17)

Top 40:

  • 38ste Marnus Pienaar (seuns 13)
  • 38ste Bontleng Taeng (jong dames)
  • 40ste Willem Odendaal (mans 45).

Top 50:

  • 41ste Zante Young (dogters 15)
  • 41ste Carla Ferreira (jong dames)
  • 43ste Alex Visser (seuns 15). 

Die skole waaraan die atlete verbonde is, word graag vermeld: Phenyo, Emma en Kefilwe (Rustenburg Noord Laerskool), Mikita en Marnus (Laerskool Rustenburg), Bontleng (Hoër Tegniese Skool), Alex (Hoërskool Rustenburg), Carla Hoërskool Brits), Scott, Luan, Nathan, Irish, Abby en Zante (Bergsig Akademie).

Share this article with a friend...